Swaar olie

Swaar olie is 'n teeragtige, vloeitrae substansie (en 'n hoogs giftige karsinogeen) wat groot skade in deikate mariene ekosisteme aanrig as dit vrygestel word. Die benodigde viskositeit vir sy gebruik as brandstof in dieselenjins word deur verhitting bereik

Swaar olie, ook swaar stookolie genoem (Engels: heavy fuel oil, kort HFO), is 'n afvalproduk wat tydens distillasie of die kraakproses in olieraffinaderye ontstaan. Die internasionale Engelse handelsnaam vir hierdie soort olie is marine residual fuel (MFO). Dikwels word ook die Amerikaanse benaming Bunker-C gebruik.

Swaar olie word met dieselolie vermeng om as brandstof vir groot dieselenjins te dien, onder meer vir die aandrywing van groot skepe soos plesierbote en ouer stoomlokomotiewe wat vir die verbranding van olie toegerus is, maar ook in kragsentrales (vir kragopwekking en om prosesstoom te produseer).[1]

  1. oiltanking.com: Heavy Fuel Oil (HFO). Besoek op 16 Augustus 2019

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search